Raak ontslae van jou bagasie!
Die pad van geloof is n wedloop wat jy moet voltooi.
Die pad van geloof is n wedloop wat jy moet voltooi.
- Die wedloop wat jy begin het moet jy klaar maak.
- Hierdie wedloop kan jy vir jouself baie moeilik maak deur onnodige laste saam met jou te dra.
- Miskien is jou wedloop moeilik omdat jy laste saam met jou dra.
- Om by die Olympiese Spele deel te neem vat 4 jaar se intensiewe voorbereiding. Vat maar net die 100 m wedloop as voorbeeld. Hulle tree aan vir die wegspring en ongedissiplineerdheid en nalatigheid maak dat die atleet gediskwalifiseer word omday hy te vining wegspring.
- VOORBEELD. Kom ons kyk na Dawid as voorbeeld:
- Op n baie jong ouderdom het sy lewens wedloop begin. Dit het begin toe die Here Samuel gestuur het na sy pa om hom te kom salf as die nuwe toekomstige koning van Israel.
- In die ouderdom van 16 jaar het sy wedloop begin. Het die Here begin om hom voorteberei om sy wedloop te hardloop, vry van laste !
- N/B N paar uitdagings van Dawid:
- Samuel word voorgestel deur Isai aan sy seun. Die agtste kind. Dawid was nie eens daar nie, maar moes skape oppas.
- So Dawid se pa het nie geglo in sy eie seun nie.
- Maar Sameul het gese nee, dit is nie een van die 7 seuns nie, het jy nog n seun? Want dit is hy. So God kyk nie na die uiterlike nie, maar na die innerlike.
- Nadat Sameul hom gesalf het, het sy pa hom terug gestuur om die skape op te pas.
- Dawid se wedloop het begin en net daarna kom die eerste toets van sy jong lewe of hy op God gaan vertrou of nie.
- Die leeu daag op en probeer n lam te steel, maar Dawid het die leeu doodgemaak, toe kom die beer en hy probeer dieselfde.
- Hy het geglo ek is dit toekomstige koning van Israel, ek gaan nie die laste van verwerping en vernedering saam met my dra nie.
- Dan stuur sy pa hom om sy broers kos te vat van 16 kg en om te hoor hoe dit met hulle gaan.
- Sy broers het hom dadelik aangeval, beledig en verkleineer.
- Dan hoor Dawid hoe die hele weermag van die Israeliete deur die Fillistyn Goliat uitgedaag word.
- Hierdie jong man het geweier om die vernedering van sy eie broers op hom te neem. Hulle het vir hom gese gaan huis toe, jy is nog nat agter jou ore, jy hoort by die huis.
- Maar Dawid was gefokus op sy wedloop.
- En hy kom na vore en se vir die Felistyne: “Wie is jy wat die God van Isreal uitdaag!”
- Maar weereens roep hulle hom en se trek eerder die wapenrusting aan, met ander woorde, hulle wil laste op hom plaas. Maar hy se nee, ek sal hom veg met die krag van die Heilige Gees.
- Die laste wat ons somtyds dra wat ons self of ander mense op ons plaas veroorsaak dat ons die wedloop van geloof nie met volharding kan hardloop nie.
- Die sukses van jou wedloop hang alles af van die goed wat jy met jou saam dra.
- Watse laste dra jy saam met jou rond?